{"product_id":"9780639601489","title":"Nellie en Sion","description":"\u003cp\u003e'n Pragtige storie oor vriendskap en liefde\u003cbr\u003eOns wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie storie gaan oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring 'n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha - die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir 'n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. Hierdie is 'n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Claudette+Browne+Storrar\" class=\"contributor-link\"\u003eClaudette Browne Storrar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Christo+Kr%C3%BCger\" class=\"contributor-link\"\u003eChristo Krüger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Claudette Browne Storrar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377531830435,"sku":"9780639601489","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639601489_7e26d83b-13fc-493e-bf1f-78e715069a96.jpg?v=1776490844","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639601489","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}