{"product_id":"9780639602554","title":"Moenie hierdie boek eet nie!","description":"\u003cp\u003eSAGTEBAND UITGAWE\u003cbr\u003eWat soek 'n haai in die skool se swembad?\u003cbr\u003eHoe lank is 'n weerwolf se humeur?\u003cbr\u003eIs enige iets erger as skottelgoed was?\u003cbr\u003eWat is 'n huis sonder 'n moeder?\u003cbr\u003eIs 'n draak die perfekte troeteldier?\u003cbr\u003eWat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak?\u003cbr\u003eHoekom dra bere nie klere nie?\u003cbr\u003eWat sou gebeur het as die maan 'n pizza was?\u003cbr\u003eWaarom is daar so min rympies oor erdvarke?\u003cbr\u003eBestaan daar iets soos 'n spaghettiboom?\u003cbr\u003eWat moet jy doen as 'n renoster jou jaag?\u003cbr\u003eHoe klink die perfekte monsterbrul?\u003cbr\u003eWat eet Dracula vir nagereg?\u003cbr\u003eKan jy jou eie elmboog lek?\u003cbr\u003eJy sal die antwoorde op al hierdie vrae in dié lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en 'n bonusrympie vir 'n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar's rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ... Daar's lawwe limerieke, heerlike haikoes en tawwe tongknopers!\u003cbr\u003eJaco Jacobs se GROOTSTE en SNAAKSSTE rympiebundel OOIT is 'n moet-hê-boek vir elke kind se boekrak!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Zinelda+McDonald\" class=\"contributor-link\"\u003eZinelda McDonald\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584820002979,"sku":"9780639602554","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639602554_3814c058-f93c-46c7-b445-481d70d94fde.jpg?v=1776491013","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639602554","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}