{"product_id":"9780639602912","title":"Die manjifieke ontwaking van Mel","description":"\u003cp\u003eVir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak 'n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ŉ ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ŉ ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ŉ waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ŉ wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie. By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet 'n jeugwerker met tatoes en ŉ skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMel ontdek haarself en ŉ wêreld buite haar eie reëls. Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jacolet+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eJacolet van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jacolet van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379993231523,"sku":"9780639602912","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639602912_b982e45b-03b5-4922-8fd7-81590be3cfb0.jpg?v=1776491095","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639602912","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}