{"product_id":"9780639604220","title":"Elikser","description":"\u003cp\u003eLily Linvelt se enigste missie is om 'n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet 'n elikser maak om haar ma te red wat 'n paar maande gelede deur 'n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.\u003cbr\u003eTerwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is 'n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek 'n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en 'n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak … \u003cbr\u003e'n Vampier romanse, soortgelyk aan Twilight, vir ouer tieners \/ jong volwassenes.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frenette+van+Wyk\" class=\"contributor-link\"\u003eFrenette van Wyk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524147953827,"sku":"9780639604220","price":130.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639604220_17b1e3c4-7d98-4104-8544-89fbc43e131e.jpg?v=1776491270","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639604220","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}