{"product_id":"9780639604251","title":"Skeef","description":"\u003cp\u003eWat jy van LGBTIQ-wees wil weet\u003cbr\u003eIn Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees. Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare, ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof - geen onderwerp is taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners, plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied 'n woordeskat.\u003cbr\u003eSchwarp vertel sy eie storie. Hy klop ook aan by bekendes soos Rian van Heerden, Marc Lottering, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian en Joe Foster om 'n genuanseerde beeld van eietydse gay-wees te skets. In 'n onthutsend eerlike hoofstuk vertel sy ma, Verenia, van die uitdagings van gaykindgrootmaak. Die raakvatters agter die gewilde Mannetjiesvrou-podsending verwelkom jou ook in die voorkamer van die lesbiër.\u003cbr\u003eSelfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense, dra Skeef 'n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote. Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays beskore - hierdie boek vertel hoe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKLIK OP DIE YOUTUBE SKAKEL HIERONDER OM TE KYK NA 'N ONDERHOUD MET DIE SKRYWER\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003ca target=\"_blank\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=sIQX-ePuDmo\"\u003eYoutube\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Renaldo+Schwarp\" class=\"contributor-link\"\u003eRenaldo Schwarp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Renaldo Schwarp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379337445539,"sku":"9780639604251","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639604251_8643f18e-e9ab-4119-9b00-92d5e2d44bcb.jpg?v=1776491275","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639604251","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}