{"product_id":"9780639605456","title":"Die goeie suster","description":"\u003cp\u003eDie geheim van ŉ goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ...\u003cbr\u003eMila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ŉ vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ŉ plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie goeie suster is ŉ baie sterk debuut binne domestic noir met ŉ onbetroubare verteller en ŉ onverwagse wending teen die einde. Hierdie keer is rolle omgeruil: Die vrou is die een wat die obsessie met ŉ\u003cbr\u003emanlike objek ontwikkel. Die verhaal speel op emosionele vlak met die leser; jy sal voortaan twee maal dink oor “toevallige” ontmoetings of vriendskappe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henda+Olivier\" class=\"contributor-link\"\u003eHenda Olivier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henda Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378284806307,"sku":"9780639605456","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605456_c8d3bf21-c696-4460-95c7-294552c39259.jpg?v=1776491426","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639605456","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}