{"product_id":"9780639605470","title":"Droomvanger","description":"\u003cp\u003eDie mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ...\nDie droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ŉ moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.\n“Al die elemente is daar vir ŉ lekker lees, en boonop is daar genoeg misterie en angswekkende gebeure om jou tone te laat krul van vrees.” – Wilna Adriaanse\n\nDroomvanger is 'n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het.  ŉ Klompie uiteenlopende karakters word saamgegooi in ŉ afgeleë bestemming, moorde word gepleeg, en enigeen kan die skuldige wees. Lesers van Agatha Christie sal plesier vind in die storielyn wat baie raakpunte het met verhale soos bv. Murder on the Orient Express en Death on the Nile.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378281529507,"sku":"9780639605470","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605470_39a3bc21-bd43-42d1-8ab7-6b2fb5bc0dda.jpg?v=1776491430","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639605470","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}