{"product_id":"9780639605906","title":"Eintlik alles","description":"\u003cp\u003eWat in Vegas gebeur ...\nWhat happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is?\nEintlik alles is die eerste Romanza wat deur twee outeurs geskryf is: Marilé Cloete het die manuskrip voltooi nadat Ronelle Uys in 2019 oorlede is. Die boek is ’n huldeblyk aan Ronelle Uys, wat in 2015 met Sy\nliefdesplan gedebuteer het. Eintlik alles is ’n tradisionele plaasromanse én ’n moderne liefdesverhaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ronelle+Uys\" class=\"contributor-link\"\u003eRonelle Uys\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete,Ronelle Uys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378470011043,"sku":"9780639605906","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605906_754e2232-e6f2-4081-af1c-40cb9fd5b0bc.jpg?v=1776491510","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639605906","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}