{"product_id":"9780639605982","title":"Die duiwel maak my hart so seer","description":"\u003cp\u003eKom ons breek die reëls van misdaadfiksie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte - maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis 'n hartseer saak. 'n Saak van gebed. En dit is 'n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Aweregse misdaadroman wat die genre op sy kop draai met 'n verveelde, werklose bleeksiel as hoofkarakter. Soos in 'n Agatha Christie is die klem hier op die raaisel rondom die misdaad wat opgelos moet word. Suid-Afrika van die 80's word verskriklik getrou weergegee - skrik, skaamte, humor en nostalgie, jy sal al dié emosies ervaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ludo+Labuschagne+Reeks\" class=\"contributor-link\"\u003eLudo Labuschagne Reeks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof,Ludo Labuschagne Reeks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378471256227,"sku":"9780639605982","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639605982_a397e6be-9a1f-4b9b-bc43-cbeba000a348.jpg?v=1776491527","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639605982","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}