{"product_id":"9780639606149","title":"Kroonwild","description":"\u003cp\u003e'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ...\u003cbr\u003eIn die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die  Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo, mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBreytenbach handhaaf 'n goeie balans tussen goed en boos, en beeld met empatie uit hoe dit voel om sonder menswaardigheid behandel te word. Hy het bekendheid verwerf as spanningsverhaalskrywer. Hier word die spanning nie net deur uiterlike konflik opgebou nie, maar ook deur die herkenbaarheid van 'n toekoms waarin die onregte van rassehaat steeds hoogty vier. 'n Spekulatiewe roman wat op ysingwekkende wyse\u003cbr\u003eoortuig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henk+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eHenk Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henk Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524133634211,"sku":"9780639606149","price":155.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639606149_385292d9-3921-4e8a-a6b0-f90d49a0471b.jpg?v=1776491559","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639606149","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}