{"product_id":"9780639606958","title":"Omdat jy my gesoen het","description":"\u003cp\u003eHoe gee jy jou hart vir ’n man wat nie syne kan volg nie?\nDebbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op ’n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir ’n man wat nie sy hart kan volg nie. \n\nHierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; ’n stilbek en ’n kwetterbek, ’n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378840977571,"sku":"9780639606958","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639606958_9d5bb1b1-090f-4d38-8110-f7529dd62d88.jpg?v=1776491608","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639606958","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}