{"product_id":"9780639606996","title":"Mode en motors","description":"\u003cp\u003eNes sy op haar eie voete leer staan, kom ’n man en swiep hulle onder haar uit.\nNicola Steyn droom van Londen waar sy glo haar ouers se goeie naam en sakke geld vir haar die deure na die modeindustrie sal oopmaak. Haar ouers het egter ander planne. Die kraantjie is toe. Nicola kan haar droom volg, maar sy sal dit op haar eie stoom moet deursien. Vasberade stel sy ’n begroting op sodat sy aan die werk kan spring. Darem net genoeg vir ’n woonstel huur. En dít by die aantreklike werktuigkundige\nwat die gebou besit. Hoekom laat Stephan hierdie bedorwe brokkie net die beste weergawe van haarself wil wees? En hoe gemaak as jou hart jou een kant toe trek, terwyl jou lewenspad anderkant toe deins?\n\nHierdie is die opvolg op Kiekies en koffie. Boek drie van die beplande trilogie, Potlode en pinotage, verskyn in Oktober 2021.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louise+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eLouise van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louise van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378840944803,"sku":"9780639606996","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639606996_30bde443-950b-4909-8c41-f6dd51d78333.jpg?v=1776491616","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639606996","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}