{"product_id":"9780639607016","title":"Beloofde land, beloofde liefde","description":"\u003cp\u003eOp soek na die skatte van die verlede vind sy iets meer kosbaar in die hede.\nWanneer joernalis Ingrid Thesen besluit om ’n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy ’n span argeoloë wil vergesel op ’n\ngrawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle\nook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle ’n kans op liefde wil hê.\n\nDie storie speel af teen ’n interessante historiese agtergrond maar skroom nie weg van die politieke probleme van die hede nie. Malene se werk is kenmerkend vir die diepte van haar geskiedkundige navorsing.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Malene+Breytenbach\" class=\"contributor-link\"\u003eMalene Breytenbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378840879267,"sku":"9780639607016","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607016_c5e6b52e-d744-4220-8b64-a91b444784c3.jpg?v=1776491620","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639607016","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}