{"product_id":"9780639607436","title":"Waag en wen","description":"\u003cp\u003eSy gaan alles moet waag om sy hart te wen ...\u003cbr\u003eKatryn kan nie verstaan waarom almal in haar lewe mal is oor Daniël Roux nie. Ja, hy is aantreklik, maar dis al. Sý wil meer in 'n man sien as net sy mooi gesig, sy gespierde lyf en sy gladde mond. Stadigaan begin sy tog besef dat Daniël anders is. Maar afgesien van die skade wat sy aangerig het met haar aanvanklik bevooroordeelde houding teenoor hom, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Sy het mos al voorheen haar vingers verbrand. En nou beskuldig Daniël haar dat sy met sy gevoelens speel. Daar blyk geen einde aan die spanning tussen hulle te wees nie. Katryn moet besluit of sy die moed het om haarself bloot te stel deur met\u003cbr\u003evertroue 'n nuwe verhouding aan te knoop.\u003cbr\u003eDie verhaal kyk na hoe vooropgestelde idees ons verhoudings kan beïnvloed, en is 'n subtiele kopknik na Jane Austen se Pride and Prejudice. Dit speel af oor twee tydlyne, en ons sien hoe die heldin se vormingsjare haar latere besluite as volwassene beïnvloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Renda+de+Waal-Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eRenda de Waal-Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Renda de Waal-Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379272106147,"sku":"9780639607436","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607436_23ec20e6-56f5-4427-99ca-03edb097371a.jpg?v=1776491703","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639607436","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}