{"product_id":"9780639607474","title":"Wildekus","description":"\u003cp\u003eElkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.\u003cbr\u003eVir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wêreldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. \u003cbr\u003eWanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou. Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer 'n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met 'n versameling voos en vodde karavane. \u003cbr\u003eKort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in 'n ernstige kopstampery met Lea. \u003cbr\u003eDie volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook. Na bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy moet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, 'n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie komplekse karakters in die boek wek interessante morele vrae op, en daar is 'n effektiewe ineenvlegting van persoonlike soektog en sielkundige raaisel. Die skrywer se sterk skryfwerk word beklemtoon deur uiteenlopende karakterstemme.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Morn%C3%A9+Malan\" class=\"contributor-link\"\u003eMorné Malan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Morné Malan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379048956067,"sku":"9780639607474","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607474_cc379360-5ea4-47e8-9741-3fa250be7f8c.jpg?v=1776491711","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639607474","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}