{"product_id":"9780639607511","title":"My groot lofkleuterbybel 2","description":"\u003cp\u003eNog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders!\nLees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die\nkleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer. Na die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+de+Wet\" class=\"contributor-link\"\u003eJan de Wet\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan de Wet","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379063898275,"sku":"9780639607511","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607511_78cff21d-4db8-41e0-ad2e-eed9a8dd917c.jpg?v=1776491715","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639607511","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}