{"product_id":"9780639607580","title":"Die duisend en eerste nag","description":"\u003cp\u003e1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.\u003cbr\u003eWanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val 'n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in 'n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. 'n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in 'n diep koma. Hy bevind homself binne-in 'n avontuur, 'n nagmerrie, 'n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, 'n meisie wat baie aan Herma herinner.\u003cbr\u003eFrançois Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie. Dit is 'n verrykende teks wat grense uitdaag en genres suksesvol meng. Die boek word verder verryk deurdat lesers aanlyn video's kan kyk en musiek kan luister (en aflaai) wat met die storie saamwerk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379362250915,"sku":"9780639607580","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639607580_12dd12fe-57a2-4520-a29e-cd23bf365518.jpg?v=1776491723","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639607580","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}