{"product_id":"9780639608099","title":"Wêreld van wolwe 2 : Tweede Asem","description":"\u003cp\u003e“Dis weird om te weet jy is ’n weerwolf. Maar dis ook cool.”\nJoshua Reinders se lewe het ’n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ’n weerwolf. Maar dit bring ook ’n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun.\nJoshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ’n weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla ’n groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY ’N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry.\nWêreld van Wolwe 2: Tweede asem is die tweede boek in die reeks na Wêreld van Wolwe 1: Eerste bloed.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379275874467,"sku":"9780639608099","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639608099_df684a9f-f2ba-4cf5-8f24-5cbeae2bd1d3.jpg?v=1776491817","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639608099","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}