{"product_id":"9780639609768","title":"Oorbegin","description":"\u003cp\u003eHoe bou twee mense ’n toekoms saam wanneer beide hul fondasies verloor het?\nReinet Schreuder en haar twee identiese susters sit almal sonder werk wanneer die pandemie alles ontwrig. Om geld te spaar, trek Reinet en Maret in by suster Anet op hulle grootworddorp in die Swartland. Wanneer die paniek en die selfbejammering uiteindelik bedaar, begin dié drieling se toekomsbeplanning. Reinet kom gelukkig reg wanneer sy die kans kry om ’n koffiestalletjie in ’n koringland langs die hoofpad te bestuur. Die geluk hou aan wanneer haar eerste kliënt Reinier is, ’n boer wat weens die droogte sy plaas in die Noordweste moes verlaat. Nes Reinet, is hy hier om by familie te bly terwyl hy weer op sy voete kom.\nDis net logies dat die drie susters hierdie nuweling in hulle sirkel innooi, en so word die Vier Musketiers gestig. Terwyl hulle werskaf om ’n diens aan die gemeenskap te lewer en weer finansieel selfstandig te word, besef Reinet en Reinier die aantrekkingskrag tussen hulle kan nie onbepaald geïgnoreer word nie.\n\nHierdieis die eerste boek van 'n beplande trilogie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Maril%C3%A9+Cloete\" class=\"contributor-link\"\u003eMarilé Cloete\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379362381987,"sku":"9780639609768","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639609768_7d6a360d-d0c7-4d80-9767-9cf375efb6d0.jpg?v=1776491913","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639609768","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}