{"product_id":"9780639706788","title":"Johannes Meintjes dagboeke","description":"\u003cp\u003eDie Suid-Afrikaanse skilder Johannes Meintjes (1923-1980) was ook historikus en skrywer. Bo en behalwe artikels en kleiner werke, het hy 35 boeke gepubliseer. Sy kuns-nalatenskap bestaan uit meer as 'n duisend olieverfskilderye, etlike grafiese werke en verskeie beeldhouwerke. Meintjes se eerste dagboekinskrywing is op 13 Februarie 1941 in Dagboek Deel 1 voltooi en die laaste, Deel 12 op 5 Julie 1980, twee dae voor sy dood. Tussen hierdie twee datums getuig die dagboeke van wroegende vrae en wensdenkery oor die lewensvatbaarheid of waarde van hierdie geskrifte, maar ook oor belangstelling in hom as kunstenaar. \u003cbr\u003eAl Meintjes se Dagboeke, gepubliseer en ongepubliseerd, is deurgelees en saamgevat om as 'n geheel die verhaal van Johannes Meintjes se lewe weer te gee. Die fokus is op mense wat hy ontmoet en wie (wetend of onwetend) 'n invloed op sy kuns-ontwikkeling gehad het. Van sy kommentaar oor politieke gebeure en geloofsake is kennis geneem. Te persoonlike, onsinnige of kwaadwillige opmerkings is vermy, verslae van sy uitgebreide sosiale aktiwiteite afgeskaal; maar sy seer word gedeel waar dit relevant is. Wanneer gesondheids- of finansiële probleme sy skeppingsvermoë beïnvloed, is dit ook gemeld\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johannes+Meintjes\" class=\"contributor-link\"\u003eJohannes Meintjes\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johannes Meintjes,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382929309859,"sku":"9780639706788","price":650.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639706788_4e063d20-c9d6-43e5-bcf8-dc47e90d7bda.jpg?v=1776491987","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639706788","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}