{"product_id":"9780639708461","title":"Hesiodos - Gode, monsters en mense","description":"\u003cp\u003eDie verhale van die Griekse gode en helde wat op die berg Olumpos sou gewoon het, het mense deur die eeue geboei. Met W.J. Henderson se vertaling van die skrywer Hesiodos se Oorsprong van die gode en Die skild van Herakles word hierdie mites nou ook vir Afrikaanse lesers aan die newels van die tyd ontruk: die hoofgod Zeus, die beeldskone godinne Hera en Athena, sterk helde soos Herakles en Perseus en gruwelike monsters soos die Gorgone, die Kentour en die reusehond Kerberos.\u003cbr\u003eIn Werke en dae, die tweede van hierdie drietal tekste, gee Hesiodos die hedendaagse leser 'n kykie op die ou Grieke se landboumetodes, die skeepvaart en handel en die gewoontes en bygelowe van meer as ses eeue voor die begin van ons jaartelling.\u003cbr\u003eHierdie drie tekste is tegelykertyd vreemd en bekend omdat die gebeure, karakters en name steeds in ons tyd opduik as verwysings in die letterkunde, jeugverhale, in handelsname en in spreekwoorde. Dit teken 'n wêreld waardeur ons eie kultuur aan diepte wen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hesiodos\" class=\"contributor-link\"\u003eHesiodos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hesiodos,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382891954339,"sku":"9780639708461","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639708461_61d62dfe-d369-4c12-ae6d-b68831f583e5.jpg?v=1776491995","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639708461","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}