{"product_id":"9780639713946","title":"Die Ritme van Jou Roeping","description":"\u003cp\u003eSpesiaal vir nuwe én ervare onderwysers: Ses praktiese planne sodat jy jou roeping kan (her)ontdek en suksesvol kan wees in jou uitdagende omgewing.\u003cbr\u003eGelukkige onderwysers verander die wêreld! Is jy nog gelukkig in jou werk?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm ’n onderwyser te wees is ’n voorreg, maar ook ’n groot verantwoordelikheid. Lesse voorberei en klasgee is die maklike deel. Dit is die res wat jou soms onderkry: berge administrasie, om dissipline te handhaaf, moegheid …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie boek word jy gelei om jou roeping te herontdek en dit te belyn met jou realiteit. Dit gaan jou help om jou eie temperament én die van jou leerders te verstaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAs jy weet wie jy is en ander mense beter verstaan, styg jy uit in jou verhoudings en loopbaan. Dit sal jou bemagtig om elke kind as uniek raak te sien, maar steeds konsekwent genoeg te wees om jou leerders se respek te verdien.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie skrywers fokus op ses praktiese areas wat jou die nodige boustene tot ’n suksesvolle en vervullende loopbaan gee: Soek die storie • Omgee kom eerste • Neem beheer • Beskerm en versorg jouself • Bestuur in plaas van dissiplineer • Leef jou roeping\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lynette+Beer\" class=\"contributor-link\"\u003eLynette Beer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carolina+Botha\" class=\"contributor-link\"\u003eCarolina Botha\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lynette Beer,Carolina Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382500999331,"sku":"9780639713946","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639713946_f5783aaf-62bc-4ba6-8ba9-d4c03ac03e6f.jpg?v=1776492012","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639713946","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}