{"product_id":"9780639714011","title":"Die Omega Komplot","description":"\u003cp\u003eDie Omegakomplot, René van Zyl se tweede samesweringsroman, is ŉ spannende verhaal, belaai met flink aksietonele, intense intriges en onverwagte verrassings. \u003cbr\u003eŉ Hedendaagse redder staan op en wil met sy nuwe Babilon wêreldorde die aarde van selfvernietiging red. Hierdie plan klink wel edel, maar Kayla Cohen, hoofdirekteur van ŉ Christenorganisasie, vermoed dat dié verlosser ŉ mensgemaakte apokalips beplan. Saam met haar eggenoot, Josh Young, ŉ oudsoldaat, volg sy die bloedspoor van die waansinnige nuwe leier van Kaapstad na Dubai en Kaïro. Nie net veg sy vir die behoud van haar gesin en haar geloof nie, maar ook teen die demone uit haar traumatiese verlede. Beide Kayla en Josh is bereid om hulself te offer om die Orde te stuit - om menselewens te spaar, maar ook die lewe van hul enigste seun.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ren%C3%A9+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eRené van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"René van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375561261219,"sku":"9780639714011","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639714011_2babbd4c-b063-4034-be8b-d7b46911129d.jpg?v=1776492017","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639714011","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}