{"product_id":"9780639722382","title":"Kruger se goud","description":"\u003cp\u003e'n Geheime poging om Kruger se goud te vind, is propvol intrige, misleiding en oneerlikheid. 'n Boeiende verhaal!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Januarie 1903 word John Buchan, een van Milner se Kindergarten-groep, ontbied na 'n vergadering wat saam met lord Milner en die besoekende Britse Minister van Buitelandse Sake, Joseph Chamberlain, in Johannesburg plaasvind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy word ingelig dat baie van die goud wat as gevolg van die naderende Britse troepe deur die Transvaalse regering by die Staatsmunt verwyder is, steeds in die land is. 'n Leidraad oor waar hierdie goud is, naamlik 'n veldpond, is by Pelgrimsrus gevind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eChamberlain se opdrag aan Buchan is om die goud - wat almal “Kruger se Goud” noem - op te spoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBuchan vertrek onverwyld per trein en per perd Pelgrimsrus toe, oor die pragtige berge, deur die woude en verby die watervalle van die Oos-Transvaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal wat volg, is een van gevaar, bedrog en avontuur, wat alles onder streng geheimhouding plaasvind. Dit is boeiend en spanningsvol - tot op die einde.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+John+Buchan\" class=\"contributor-link\"\u003eJohn Buchan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"John Buchan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380383826083,"sku":"9780639722382","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639722382_97e8f2bb-ccdc-441c-ac2f-524f495d796e.jpg?v=1776492038","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639722382","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}