{"product_id":"9780639728476","title":"Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne","description":"\u003cp\u003eWie het al gehoor van Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne? Vir diegene wat onbekend is met die omgewing van Harrismith, Warden en Memel in die Noordoos-Vrystaat sal hierdie name waarskynlik nuut wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n Klein Vrystaatse dorpie soos Verkeerdevlei is meer bekend onder Suid-Afrikaners; nie omdat hulle die plekkie al besoek het nie maar omdat die tolplaza aan die N1-hoofweg buite Bloemfontein na die dorp vernoem is: Verkeerdevlei-tolplaza! Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne tel onder talle mikrodorpies of nedersettings wat ’n wesentlike deel van die pioniers-en ontwikkelingsgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse platteland vorm. Navorsers wat gereeld die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek raadpleeg sal weet dat talle bekende Suid-Afrikaanse sakemense en politici nie in groot stede grootgeword het nie, maar op klein dorpies.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDikwels het hulle in ’n enkelvertrekskoolgeboutjie met ’n buitetoilet skoolgegaan waar Meester die “alles-in-een” was wat ’n sleutelrol in die leerlinge se vormingsjare gespeel het. Moontlik is die saad vir groot idees en drome wat later gestalte gekry het, juis dáár geplant.\u003c\/p\u003e","brand":"Graffiti Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47855847342243,"sku":"9780639728476","price":0.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639728476","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}