{"product_id":"9780639786407","title":"Verveertaal","description":"\u003cp\u003e'Ilse van Staden se verveertaal (2023, Imprimatur) is haar vyfde digbundel. Die bundeltitel kan in twee dele verdeel word: verveer en taal. Soos ook op die omslagontwerp (Van Staden self se handewerk) geïllustreer, word die voëlmotief ingespan om iets te sê oor die verandering en vernuwing van taal. Taal word ondersoek as die merker van identiteit en komvandaan, waarvan laasgenoemde se kompleksiteit veral beklemtoon word deur die beeld van voëls as “swerwende [...] en blywende bewoners van die aarde en die lug” (agterplat van verveertaal). Dis daarom gepas dat temas soos ontheemding, migrasie en tuiswording onder die loep geneem word in die bundel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie gedig ‘op telefoondrade’ (28) staan uit in verveertaal. In hierdie gedig word nagedink oor die gesprekke wat duiwe aanhoor wanneer hulle op telefoondrade sit soos “God se geveerde spioene \/ wat ons doen en late dokumenteer”. Die spreker kom in die wending van hierdie gedig tot die slotsom dat\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e[...] miskien is dit bloot die vibrasies\u003cbr\u003evan ons onverstaanbare gesprekke\u003cbr\u003edie tintelende klankgolwe ongeïnterpreteer\u003cbr\u003e’n trilling van iets numineus\u003cbr\u003ewat hulle na dié uitkykposte trek\u003cbr\u003een gaan sit voëls sonder voorbedagte rade\u003cbr\u003eop telefoondrade\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie gedig dien as wekroep vir die selfvoldane mens wat alewig behep is met die eie ek. Die spreker se woorde herinner ’n mens daaraan dat hierdie wêreld nie bloot deur mense-oë besigtig word nie en dat die wesens met wie ons ’n leefwêreld deel hulle eie perspektief en prerogatief het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNog ’n gedig wat my aandag getrek het, is ‘om te veer’ (31). Om te werk met en in taal, word gelykgestel aan die vlug van “derduisende voëls” – ’n lieflike metafoor vir die agentskap wat taal op sigself geniet en die dikwels gestruktureerde chaos, oftewel “gekruis en -dwars”, van hierdie medium. Hierby sluit ’n gedig soos ‘om te (t)aal’ (35) ook mooi aan. Die spreker meen: “om te taal \/ is om te vis \/ vir die is-essensie”. Die werk van die skrywer word dus gesien as die soeke na betekenis, om die ervaring van menswees in soveel woorde vas te vang. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl die bundel konseptueel prikkelend is, verloor die uitvoering my plek-plek. Vir sommige gedigte word vertalings aangebied, maar nie vir almal nie. Die meeste gedigte beskik oor ’n sterk metrum en ’n rympatroon wat natuurlik vloei, en dit lees gemaklik, maar by gedigte soos ‘winterreën’ (34) waar die “hemel” bloot beskryf word as “één groot grysblou niks”, vra ek my af: Wat wil die digter hiermee sê?' - — Elzanne Coetzee - Klyntji\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ilse+van+Staden\" class=\"contributor-link\"\u003eIlse van Staden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ilse van Staden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47676518432931,"sku":"9780639786407","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780639786407_7743de97-7f30-4a91-891e-0092e51e7e28.jpg?v=1778974347","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639786407","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}