{"product_id":"9780639832296","title":"Die Engel van die Kransberg","description":"\u003cp\u003eBenna Scheepers en sy tweelingsussie Debbie woon saam met hulle ouers op hulle familieplaas Hartebeesbult aan die voethange van die majestueuse Kransberg in die distrik van Thabazimbi. Hulle word sorgvry groot, maar skooltyd is dit koshuis toe.Saam op die familieplaas woon sy oom Jacob Scheepers saam met sy houvrou Johanna, ŉ beeldskone vrou. ŉ Dogter Jakkie word uit die verhouding gebore en groei op as beeldskone vrou net soos haar ma. Van kleintyd af is sy en Benna onafskeidbare vriende.Toe hulle in standerd 7 is verhuis hulle na Rustenburg waar hulle pa, ŉ siviele ingenieur as stadsingenieur aangestel is. Hulle verhuis van die dorp na Watervalplotte naby Marikana waar sy ma met ŉ slaghuis en ŉ slagpale begin. Na matriek kwalifiseer Benna as ŉ loodgieter, maar die weermag steek ŉ stokkie voor sy verdere studies en roep hom op vir sy 2 jaar diensplig. In die weermag blom Benna, hy slaag sy keuring vir die valskermbataljon en kwalifiseer as ŉ spesialis in baie hoëlugspronge. Hy kwalifiseer ook as ŉ operateur by die nuutgesigte Verkenningseenheid as ŉhoësprongvryval spesialis en verrig diens in Angola en Ovamboland. Sy diensplig tydperk verstryk, maar hy bly nog ŉ jaar langer en word bevorder na kaptein.\u003cbr\u003eNa sy drie jaar besluit hy om die weermag vaarwel te roep en gaan help sy ma in die slaghuis, maar sluit by die Rhodesiese SAS aan met die rang van kaptein. Sy ouers sterf in ŉ motorongeluk en sy sussie Debbie neem die slaghuis en slagpale oor. Na vier jaar met die rang van majoor bedank Benna uit die SAS en gaan help Debbie met die slaghuis. Hy besef die slaghuis is nie meer so winsgewend nie en word aangestel as die tegniese bestuurder van Rustenburg Munisipaliteit. Hy raak betrokke met veediefstal en word deur konstabel Jaap le Roux van die Pilanesberg polisie gearresteer en tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy draai die rat voor die bewaarders se oë, is ŉ voorbeeldige gevangene en na 4 jaar word parool aan hom toegestaan wat hy by Debbie op Hartebeesbult moet voltooi, waar hy in ŉ liefdesverhouding met Jakkie betrokke raak.\u003cbr\u003eBenna is egter vol woede en haat en na Debbie se tragiese doodbesluit hy dat hy hom gaan ryk steel aan beeste en die wat in sy pad staan sal hy van die aarde af vee. Hy, Jakkie en sy handlanger Simon voer ŉ skrikbewind in Dwaalboom en Makoppa omgewing en na 14 lyke en 800 vermiste beeste is kaptein Jaap le Roux, die bevelvoerder van Pietersburg se Moord-en-roofeenheid warm op hulle spoor nadat hulle vir Benna Scheepers se geheime wegsteekplek in die Kransberg ontdek het, maar Benna en Jakkie is te glibberig en glip deur Moord en Roof se vingers…\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henk+Heslinga\" class=\"contributor-link\"\u003eHenk Heslinga\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henk Heslinga","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382928359587,"sku":"9780639832296","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639832296_5513b205-04ee-43b6-9217-63db721de97c.jpg?v=1776492257","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639832296","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}