{"product_id":"9780639911014","title":"Dieretuin","description":"\u003cp\u003eKAN HY VAN DIE DONKER ONTSNAP?\u003cbr\u003eCarl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin en die mense wat daar bly:\u003cbr\u003e• Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig\u003cbr\u003e• haar seun Leo met sy liefde vir geweld\u003cbr\u003e• en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.\u003cbr\u003eMaxie Tredouxis is Carl se tannie, die weduwee-matriarg van die huis en die meesterbrein agter die familie-fortuin. Sy beheer ook alles wat in die kelder van hulle spoghuis in Durbanville plaasvind; dié huis wat bekend is as Die dieretuin.\u003cbr\u003eCarl en sy jonger broer, Robbie, het by hul ryk tante en oom gaan bly ná die wrede plaasmoord op hul ouers. Soos Carl grootword, ontdek hy hoe hulle werklik hul geld maak. Hy verlaat skool en gaan vir 'n aantal jaar weg, maar sy skuldgevoelens wat wentel om sy broer wat steeds in Die Dieretuin woon, dwing hom om terug te keer met die hoop om Robbie te red. Robbie is nou ook klaar met skool en tot Carl se ontsteltenis werk hy ook vir die Tredouxs; Robby het boonop verlief geraak op hul rebelse dogter Mandie.\u003cbr\u003eSkokkende geheime word blootgestel wanner Carl probeer om Robbie red.\u003cbr\u003eDit is 'n baie donker roman met 'n hele aantal skokkende wendings en word beslis nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie.\u003cbr\u003eDie boek is ook in Engels beskikbaar as Feeding Time (ISBN 9780639911021).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375849947299,"sku":"9780639911014","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639911014_3fd2d4a0-1288-4514-be08-b0de359aa594.jpg?v=1776492295","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639911014","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}