{"product_id":"9780639977812","title":"Johanna Brandt: Engele boodskap","description":"\u003cp\u003eJohanna Brandt was 'n opmerklike Boervrou bekend vir haar diep geestelike ervarings en visioene oor Suid-Afrika. Gebore in 1876, het sy erkenning verwerf vir haar geskrifte, veral “Die Millennium,” waar sy haar visioene en profesieë oor die toekoms van die nasie dokumenteer het. Brandt se spirituele insigte, dikwels vervleg met haar Christelike geloof, het betrekking op belangrike gebeure, insluitend die Tweede Vryheidsoorlog, en het boodskappe oor die bestemming van die land oorgedra.\u003cbr\u003eIn Engele Boodskap word al die visioene van Johanna Brandt nou vir die eerste keer in een band byeengebring. Dit sluit in haar visioene soos vervat in Die Millennium van 1918; 'n ongepubliseerde manuskrip van 1922 (waarin sy die vyfde visioen opgeneem het); Die Smeltkroes (1920), asook uittreksels uit haar waarskuwing aan die swart stamme in Suid-Afrika.\u003cbr\u003eDan bevat dit ook heelwat interessante gebeurtenisse wat sy gedurende die 2de Vryheidsoorlog, beleef het - soos beskryf word in haar boeke Het Concentratie Kamp-Iréne en Die Kappiekommando. Verder is daar talle nuwe toevoegings uit die eerste uitgawe van Die Millennium, en uittreksels uit verskillende tydskrifartikels wat handel oor haar ontmoetings met die Boodskapper in Desember 1916.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelize+Morgan\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelize Morgan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelize Morgan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378217468067,"sku":"9780639977812","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639977812_9eec4f24-1889-40da-9078-922ee1eef1d5.jpg?v=1776492414","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639977812","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}