{"product_id":"9780639989297","title":"Wedervaringe van 'n Boeregesin","description":"\u003cp\u003eNá die vertaling en herhaalde kere se herlees, kry ek steeds hoendervleis en my trane loop - dikwels met 'n glimlag - wanneer ek hierdie\u003cbr\u003emerkwaardige verhaal van 'n hele gesin se persoonlike ervaring van 'n oorlog lees. - Marietjie Delport\u003cbr\u003eDit is 'n sensitiewe, getroue, amusante vertelling oor die unieke ervarings van 'n Vrystaatse boeregesin tydens die Anglo-Boereoorlog.\u003cbr\u003eVan die skrywer se ma wat deur 'n Britse offisier vir 'n Engelse dame aangesien is, tot met sy eie gevangenisskap as dertienjarige by die Groenpuntse krygsgevangenekamp; van sy drie ouer broers se ervarings op kommando, tot by generaal De Wet se toespraak - in 'n stem “wat van emosie bewe” - aan sy manne nadat hulle die oorlog verloor het;  van sy jonger broers se ervarings as die lieflinge van die soldate by 'n Britse militêre kamp waar hulle aangehou is, tot met die hele gesin se hoop en moed in die nadraai van die oorlog - hierdie boek is 'n ware genot om te lees. Victor Pohl Die skrywer van hierdie boek is op die grens van Basoetoland gebore. Hy het sy vroeë jare op 'n Vrystaatse plaas deurgebring, waar hy sy liefde vir die natuur en sy gawe van fyn waarneming ontdek het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Victor+Pohl\" class=\"contributor-link\"\u003eVictor Pohl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Victor Pohl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380087799971,"sku":"9780639989297","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780639989297_4c26f876-176c-41a2-a5dd-d83f8aecaa77.jpg?v=1776492440","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780639989297","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}