{"product_id":"9780795703225","title":"Rolbalspeler","description":"\u003cp\u003eHans vleg rottangmandjies in Soutrivier. Hy bly saam met sy ma en broer in Bishop Lavis, en dit gaan maar sukkel-sukkel, veral noudat sy ma diabetes het. Op pad werk toe een oggend help 'n blondekop-vrou hom oor Voortrekkerweg, nog voor hy 'n woord kan uitkry. Dis eers oorkant die straat dat hy haar reghelp. 'Dankie, maar dit was nie nodig nie,' sit hy haar op haar plek. Net omdat hy sleg sien beteken nie hy's hulpeloos nie ...\u003cbr\u003eDit neem nie lank voor hy en die blondekop vriende raak nie. Erika moedig hom aan om lid te word van die plaaslike rolbalklub vir blindes. En om klaar te maak met skool. In 'n oogwink verander Hans se hele lewe. Daar is skielik weer hoop, nuwe vriende, en bowenal, as hy Erika se stem hoor, is daar skoenlappers in sy maag.\u003cbr\u003eDie rolbalspeler vertel die ontroerende verhaal van 'n jong man wat vir die eerste keer in sy lewe sy voete vind. Twee persent sig is dalk 'n hindernis, maar niks skeel met sy verstand, en met sy hárt nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zain+Eckleton\" class=\"contributor-link\"\u003eZain Eckleton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zain Eckleton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375486779555,"sku":"9780795703225","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795703225_b85c44cc-8f68-444f-84a1-6aa6333fc6fc.jpg?v=1776496642","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795703225","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}