{"product_id":"9780795709159","title":"`n Ander mens","description":"\u003cp\u003eWenner van die eerste kykNET-Rapportprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'Glo my, dis regtig die beste so.'\u003cbr\u003e      Hy skreef sy oë en kyk na haar silhoeët teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en 'n skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. 'n Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met 'n geluid wat eensklaps stop as die koeël iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond.\u003cbr\u003e      Daniël wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor die klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePolisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig. Sy het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies in haar bewaring vir goed verdwyn uit die normale samelewing. Sy vermoor hulle. Maar sy't nog nooit 'n getuie soos Daniël Enslin teëgekom nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zirk+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eZirk van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375744401571,"sku":"9780795709159","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795709159_868856bf-1dbb-4ce1-9bd4-5b6cbafe5cc4.jpg?v=1776497182","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795709159","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}