{"product_id":"9780795709692","title":"Tweegevreet","description":"\u003cp\u003eBOEK 2\u003cbr\u003eMense hou valse gesigte voor. Wraak het verskillende gedaantes.\u003cbr\u003eWanneer Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei ingeroep word om die dood van 'n boer in die Hochnamibdistrik te ondersoek, het hy geen rede om te vermoed dat moord die oorsaak is nie. In 1905 in Duits-Suidwes-Afrika is 'n aanval deur 'n wilde dier nie ongehoord nie en te oordeel na die merke aan die lyk was dít die man se lot. Maar dan ontdek Siegfried daar naby 'n luiperdkarkas waarvan die voorpote afgesny is . . .\u003cbr\u003eTerwyl Siegfried die saak ondersoek, kry hy ook te make met spoke uit sy verlede en 'n Berlynse besoeker wat 'n dodelike wrok koester. Boonop worstel hy met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. Kan hy dit alles te bowe kom en geregtigheid laat seëvier?\u003cbr\u003eSoos in sy voorganger, Die vertes in, word gewigtige tematiek subtiel in Tweegevreet se boeiende spanningslyne verweef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zirk+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eZirk van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Siegfried+Trilogie\" class=\"contributor-link\"\u003eSiegfried Trilogie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zirk van den Berg,Siegfried Trilogie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523986866339,"sku":"9780795709692","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795709692_c904187e-29be-4564-8391-6a874449011b.jpg?v=1776497288","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795709692","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}