{"product_id":"9780795710070","title":"Swatland","description":"\u003cp\u003e*** WENNER 2022 UJ-DEBUUTPRYS ***\u003cbr\u003e***WENNER 2022 SALA POETRY AWARD***\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhalende gedigte in Swatland speel grootliks in Malmesbury af en word aangebied in die taal wat deur die bruin gemeenskap in dié gebied gepraat word: Kaaps wat met die kenmerkende bry-klank van die Swartlandse streek weerklink. Ashwin Arendse gebruik op vernuwende wyse die geromaniseerde ghayn-simbool om die bry-klank skriftelik in sy debuutbundel uit te beeld.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie digter is 'n fyn waarnemer wat ruimtes en karakters met raak beskrywings verbeeld. 'n Rugbyderby, 'n krieketwedstryd tussen laerskoolkinders, 'n pa-en-seun-kamp en 'n besoek aan die openbare swembad word onder meer vars aangebied deur die skep van verrassende kontraste en vergelykings. Maatskaplike kwessies word met galgehumor belig en diep persoonlike sake sonder sentimentaliteit aangeroer. Hou hierdie nuwe digter dop!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Swatland hette way om temperature te gan ytgrawe\u003cbr\u003ewatte coloured familie lat kaalgat gondstap innie hys\u003cbr\u003esoes Scandinavians wat inne commune bly\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ashwin+Arendse\" class=\"contributor-link\"\u003eAshwin Arendse\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ashwin Arendse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378810241187,"sku":"9780795710070","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795710070_6d25d1ac-211d-49e9-8b3f-82554a993900.jpg?v=1776497345","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795710070","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}