{"product_id":"9780795800368","title":"Alles wat blink","description":"\u003cp\u003e\"'n Welder, 'n sjef, 'n finansiële bestuurder en 'n fortuinverteller saam op die lang pad met 'n boks human remains...\u003cbr\u003eOm die as te strooi van 'n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak. Haar vier mede-avonturiers moet in 'n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van 'n vark met die naam Daisy wat dink die pad behoort aan haar.\u003cbr\u003eDie vier is mín lus. Maar wat nie doodmaak nie, maak sterk. Vir dié vier vroue wat bittermin ooghare het vir mekaar, is die swaarste taak om agter mekaar se toe deure in te loer - daar waar alles beslis nié blink nie.\u003cbr\u003eEinde ten laaste vind Sonja, Madie, Gerda en Karien egter dat dit makliker was om moeilik te wees vóór hul pienk Volksie se wiele uit die Kaap gerol het.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Melissa+Scharneck\" class=\"contributor-link\"\u003eMelissa Scharneck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Melissa Scharneck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375704686755,"sku":"9780795800368","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795800368_cbcafecd-5206-4f36-9b0b-42fd0be8c413.jpg?v=1776497650","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795800368","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}