{"product_id":"9780795800689","title":"101 Bakgat maniere om te lewe en sterwe","description":"\u003cp\u003e\"Twee verhale in een, vertel in Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks . . . nooit vervelig nie. Dit is die stem van die skrywer wat al deur skrywer\/dramaturg Harry Kalmer 'die meester van die moderne Afrikaanse kortboek' genoem is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na 'n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer 'n satanistiese kultusleier, 'n kannibalistiese dwerg en 'n psigopatiese pastoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Kaktushart beland die suksesvolle afrigter van die Springbok-rugbyspan, Walter Cronje, in die kloue van 'n groepie  ekstremistiese kunstenaars wat van hom 'n kunswerk wil maak deur 'n kaktus in sy borsholte te plant. Die verhaal ondersoek die grense tussen verskillende groepe mense met uiteenlopende belangstellings, en dié tussen bewonderaar en held. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Uys Krige se Sol Y Sombra staan daar: 'En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy êrens weg van die aarde af is of in 'n tussengebied hang, beangsd, ylhoofdig'. Dit is in hierdie 'tussengebied' waar 101 Bakgat maniere om te lewe en sterwe hom begewe.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+R.R.+Ryger\" class=\"contributor-link\"\u003eR.R. Ryger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"R.R. Ryger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375739879587,"sku":"9780795800689","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795800689_6cddbcc3-9130-4d43-a459-7b7f9c8bb25b.jpg?v=1776497670","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795800689","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}