{"product_id":"9780795800719","title":"Anderkant die spieël","description":"\u003cp\u003e\"Anderkant die spieël is 'n storie vir elke vrou wat al gewonder het hoekom sy nou eintlik haar tee swart en bitter drink as soet en melkerig soveel lekkerder is. Vir elke vrou wat al gewens het sy kon die uitgevrete rotte in haar kombuis - en huwelik - met 'n .22 wegblaas, en wat vroualleen 'n Swartwoudkoek kan baasraak. En vir elke vrou wat al op 'n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom, of waar 'huis' nou eintlik is nie.\u003cbr\u003eAnderkant die spieël is die storie van Maggie, wat ons in Talia vat grond ontmoet het. Sy val deur die hasegat op nóg 'n nuwe dorp waar gewapende, aweregse buurvroue verkykers het, en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Melissa+Scharneck\" class=\"contributor-link\"\u003eMelissa Scharneck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Melissa Scharneck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375733227683,"sku":"9780795800719","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795800719_ac4de644-4243-44d5-a367-4c3e3659aa4b.jpg?v=1776497674","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795800719","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}