{"product_id":"9780795801051","title":"Labirint","description":"\u003cp\u003eToe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg gehad van sy jarelange treitering. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as 'n verworpeling grootgeword het. Dieselfde dag nog begin sy treiteroproepe ontvang, maar sy weier om weer te vlug.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLabirint is 'n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê.\u003cbr\u003eBekendes en onbekendes betree haar nuwe lewe, en die poppe begin eers regtig dans toe dit, ná die agterdogwekkende dood van een van die inwoners van De Koppe, duidelik word dat oor en weer slapery in dié rykmansbuurt die reël eerder as die uitsondering is. Vasti besef gou dat sy baie meer betrokke is as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van 'n man nie te ver van haar huis af ontdek word nie. Dan sterf nog 'n vrou onder verdagte omstandighede en kort daarna nóg een.\u003cbr\u003eGeleidelik word dit duidelik dat Vasti se verlede die sleutel hou om die geheimenisse van die hede te ontsluit. Dat sy die een is wat die minotaurus in die labirint van haar lewe sal moet aandurf. Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat . . .\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375717630115,"sku":"9780795801051","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795801051_bd6b8238-1754-48b5-837f-5f80635357d7.jpg?v=1776497718","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795801051","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}