{"product_id":"9780795801235","title":"In die grot van die sibille","description":"\u003cp\u003e\"Elke gedig is 'n uiting van die sibille.\" \u003cbr\u003eDié woorde deur Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in haar grot gespreek is. Die leser gaan as 't ware die grot binne waar klankryke, evokatiewe verse met droomagtige, eksotiese beelde die menslike kondisie belig. Louw werk met fassinerende stof uit ander kulture wat op prikkelende manier ontgin word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJuanita Louw voltooi haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns in 2014 aan die Universiteit van Kaapstad. Voorheen werk sy vir geruime tyd in 'n hospitaal in Londen se Ooseinde. Deur die jare werk sy ook met antieke juweliersware en gee Engelse klasse aan buitelanders. Sy is gebore in die Vrystaat en bestuur tans 'n sielkunde-praktyk in Kaapstad.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Juanita+Louw\" class=\"contributor-link\"\u003eJuanita Louw\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Juanita Louw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584864698531,"sku":"9780795801235","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795801235_9e50b90c-f90a-460c-9bad-cbc52ff6ac66.jpg?v=1776497741","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795801235","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}