{"product_id":"9780795801419","title":"Tussen vriende","description":"\u003cp\u003eWill het 'n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjoepstil.\u003cbr\u003e Asof dit nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebie se seun skielik in 'n bedenklike nagklub en Phoebie se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria - dalk vir baie lank. (Phoebie eet sommer 'n éclair.) Adriaan se Ingrid het pas wéér 'n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter I ver oor die waters, en dan's daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australië toe.\u003cbr\u003e En heeltyd wonder Phoebie en Ingrid: Wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy't onlangs aan haar gesig laat werk en sy lyk fantasties, maar iets is fout in haar oë.\u003cbr\u003e Die wel en wee van drie paartjies in hul 50's, komies, lewensgetrou en eg. 'n Storie vir almal wat ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.\u003cbr\u003e  \u003cbr\u003eDerick van der Walt is 'n veelbekroonde skrywer van Pretoria. Tussen vriende is sy tweede roman vir volwassenes - Daan Dreyer se blou geranium het in 2012 verskyn.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Derick+van+der+Walt\" class=\"contributor-link\"\u003eDerick van der Walt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Derick van der Walt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375841394851,"sku":"9780795801419","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795801419_7d861295-c1ca-48fa-9443-4a565a4626a3.jpg?v=1776497779","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795801419","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}