{"product_id":"9780795802102","title":"Sushi en shosholoza","description":"\u003cp\u003eIn 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Spaanse Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, skiet Erns Grundling en 'n klein TV-span 'n nuwe reeks - dié keer in Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker in 2019 en die Olimpiese Spele in 2020 plaasvind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSushi en shosholoza is Erns se verslag oor hierdie reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers (en sendelinge) in Japan - ook met Dan Carter én Jake White - kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van 'n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg tot vandag se Erns wat in sy Brave Blossoms-trui stomgeslaan sit en kyk hoe Japan nou éintlik 'n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Hy vier ook Halloween in Osaka, drink groentee in Kyoto en raak stil in Hiroshima se Vredespark.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKom stap nog 'n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners in 2019 die Bokke gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erns+Grundling\" class=\"contributor-link\"\u003eErns Grundling\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erns Grundling","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377214210211,"sku":"9780795802102","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802102_50ce3095-4c58-409c-b9cd-0a8cb1ace7ab.jpg?v=1776497855","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802102","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}