{"product_id":"9780795802416","title":"Hartedief","description":"\u003cp\u003e’n Berugte reeksmoordenaar jag by stormweer onder die Kaap se vroue, en dis Rooi en Kassie wat hom moet vastrek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar hoe spoor jy ’n miljoenêrontsnappeling op wat die polisie al jare lank ontglip, geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel deur hulle net een kyk te gee?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige medeseëlversamelaar. Om vlerk te sleep is nie vir sissies nie, en sy eie hart is in gevaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry. Kassie weet hy moet haar onskuld bewys. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIntussen word nóg Kaapse vroue wreedaardig vermoor wanneer daar onweer broei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rudie+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eRudie van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378822365347,"sku":"9780795802416","price":355.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802416_e94f6e7a-43d6-4ae6-be95-c9f2b389f7a4.jpg?v=1776497898","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802416","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}