{"product_id":"9780795802584","title":"Medusa","description":"\u003cp\u003eKassie Kasselman en Rooi Els het nog nooit só saak hanteer nie. Kassie ervaar sterk emosies en dit stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van 'n saak se gegewens sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute.\u003cbr\u003eMaar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit besoedel sy denke. Dit krioel in sy binneste soos n bondel giftige slange. Boonop voel dit of elke leidraad soos 'n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . .\u003cbr\u003eIn Medusa boor Rudie van Rensburg 'n donkerder nuwe aar oop vir ons geliefde speurder Kassie Kasselman. Daar's mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak - en kinderlewens op die spel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rudie+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eRudie van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376872571043,"sku":"9780795802584","price":355.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802584_3a8dd557-cd8b-48f5-9936-97fe62755802.jpg?v=1776497930","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802584","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}