{"product_id":"9780795802645","title":"Deelfontein","description":"\u003cp\u003eIn Maart 1900 reis die jong Engelse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by 'n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Wat aanvanklik na 'n eksotiese avontuur klink en 'n geleentheid om sy splinternuwe Brownie-kamera op die proef te stel, verander spoedig in 'n uitdaging van 'n ander aard. Die ellende van Britse soldate en Boerekrygers tref hom hard en die Britse owerhede se aggresiewe oorlogsbeleid maak hom toenemend ongemaklik. En daar is Klara Grootboom, 'n skoonmaker by die hospitaal, wat hom onkant vang met 'n ongewone versoek. Dit wat sy van hom vra, druis teen al sy persoonlike en professionele beginsels in, maar dis asof sy hom in 'n vangnet van haar eie het.\u003cbr\u003eMeer as 'n honderd jaar later skep 'n opkomende Kaapse kunstenaar 'n uitstalling uit Deelfontein se gegewens om sin te maak van haar herkoms en die rol wat kuns kan speel om die impak van magsmisbruik teen te werk. In die proses ontdek sy 'n onverwagse familieband . . .\u003cbr\u003eVan die Karoo na Shangai in die vroee negentienhonderds en terug na die hedendaagse Suid-Afrika en Londen, boei hierdie roerende roman die leser enduit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nicole+Jaekel+Strauss\" class=\"contributor-link\"\u003eNicole Jaekel Strauss\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nicole Jaekel Strauss","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378623660195,"sku":"9780795802645","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802645_0d5958c4-a8ac-4063-8865-3925d1ae725a.jpg?v=1776497951","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802645","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}