{"product_id":"9780795802683","title":"Hemel en aarde en ons","description":"\u003cp\u003e'n Weerspannige web van gevoelens weef deur die dorp - begeertes, morele verpligtinge, gekwetsde egos, verwyte, afguns en angs loop kruis en dwars van mens tot mens, snaarstyf en trillend liggeraak. \u003cbr\u003eDat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd 'n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf - nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak 'n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak . . . Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood. Hemel en aarde en ons is 'n whodunit met 'n konsepsuele kinkel, 'n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Zirk+van+den+Berg\" class=\"contributor-link\"\u003eZirk van den Berg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Zirk van den Berg,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381251260579,"sku":"9780795802683","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802683_2eb1dfec-b11d-447a-8b48-742398e8892e.jpg?v=1776497964","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802683","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}