{"product_id":"9780795802706","title":"Kinderlê","description":"\u003cp\u003eATKV-Woordveertjies 2025: Prys vir Poësie\u003cbr\u003eIn Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van 'n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan 'n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het - 'n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. 'n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in 'n psigiatriese instelling, en van 'n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met 'n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek. Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lynthia+Julius\" class=\"contributor-link\"\u003eLynthia Julius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ATKV2025\" class=\"contributor-link\"\u003eATKV2025\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lynthia Julius,ATKV2025","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381250769059,"sku":"9780795802706","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802706_de9d75f9-eee2-4a31-bba9-891e2413fd04.jpg?v=1776497968","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802706","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}