{"product_id":"9780795802881","title":"Ontvoer","description":"\u003cp\u003eWanneer ekspolisieman George Ekermans sien hoe 'n meisie in 'n bakkie ingedwing word, sit hy die ontvoerder onmiddellik agterna. Die man en die meisie verdwyn egter die nag in en al leidraad is 'n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het.\u003cbr\u003eDie kleindorpse polisie is nie hulpvaardig nie en George begin sy eie soektog na die meisie. Gou besef hy sy is nie die enigste een wat geteiken is nie.\u003cbr\u003eIntussen veroorsaak sy gedrewenheid om die skuldiges te vang stremming in sy langafstandverhouding met Elena wat reeds op wankelrige grond is. George ontmoet ook die aantreklike Carla wat hom in sy ondersoek kan help. Hulle twee word noodgedwonge telkens saamgegooi en hy begin al meer iets vir haar voel.\u003cbr\u003eNie net George se lewe nie, maar ook dié van Elena en Carla word bedreig wanneer hy te naby aan die waarheid kom. Sal hy die verdwene meisies betyds opspoor en die bose netwerk ontbloot voordat dit vir hulle almal te laat is?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Constant+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eConstant van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Constant van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382540288163,"sku":"9780795802881","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795802881_45b674ac-4a14-4881-a452-318bf9fe094b.jpg?v=1776498017","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795802881","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}