{"product_id":"9780795803109","title":"Sarah plus een","description":"\u003cp\u003eSarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Haar bloedrooi haarkleur kom uit `n boksie, sy dra onpaar oorbelle en fênsie tekkies sonder veters. Sy is `n weduwee, maar allermins eensaam. Sy boer op die internet en praat sommer met haar plante of haar geliefde kleinseun wanneer hy kom kuier. \u003cbr\u003eWaarmee Sarah nie rekening gehou het nie, is dat sy in die stadium van haar lewe `m metgesel sou nodig kry. Dit is nou wat die uitnodiging na haar vyf-en-vyftigste martriekreunie skielik van haar vra. `n Plus - een - wat sy waar op aarde moet vind? \u003cbr\u003eBoonop moet die oues van dae na hul grootworddorp toe piekel vir die makietie. Sarah weet nou al dit gaan net ou wonde oopkrap oor die rampspoedige gebeure op die rugbyveld destyds en oor die beskuldigings teen haar pa, die burgemeester, wat hy nooit wou weerle nie. \u003cbr\u003eOm als te kroon kom die uitnodiging van daardie hartevertrapper Franco Fourie af! Sal Sarah hom na al die jare weer in die oe kan kyk?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382967615651,"sku":"9780795803109","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795803109_e7197410-2102-48b9-8967-e289ca23a1c3.jpg?v=1776498048","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795803109","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}