{"product_id":"9780795803284","title":"Einde en begin","description":"\u003cp\u003eToe Marié vier jaar oud is, verhuis haar ouers van Suid-Afrika na 'n sendingstasie in die destydse Rhodesië waar haar pa vir die plaaslike drukpers werk. In hierdie oënskynlike paradys beleef Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, namate sy ouer word, met groeiende ontnugtering. \u003cbr\u003eDaar is die onderliggende politieke veranderinge en spanninge van die 1970's waarvan sy net skrams bewus is en, kort voor lank, veranderinge in die dinamiek van haar eie gesinslewe wanneer sy uitvind dat haar ma swanger is. Die koms van haar boetie onderstreep haar rol as die dogter en as “vrou-in-wording”. \u003cbr\u003eWanneer Marié en haar vriendin, Hanneke, 'n omstrede dokument beetkry en lees, begin Marié se kinderlike illusies verder kraak . . . Einde en begin is 'n roerende bildungsroman wat strek van naïewe belewing na geleidelike ontwaking, vertel deur die oë van 'n jong karakter wat diep in die leser se hart sal kruip.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mich%C3%A8le+Meyer\" class=\"contributor-link\"\u003eMichèle Meyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Michèle Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375417737379,"sku":"9780795803284","price":266.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795803284_1b36975f-a92b-4713-9198-2cb926c4fe02.jpg?v=1776498070","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795803284","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}