{"product_id":"9780795803314","title":"Waar bloed kruip","description":"\u003cp\u003eMet haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die top- mediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann-huis kry. Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van 'n student wat 'n jaar gelede op die kampus vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos nie en die moordenaar is nog op vrye voet.\u003cbr\u003eIn die Straumann-huis begin vreemde en onverklaarbare dinge gebeur. Is dit iemand wat Lola die skrik op die lyf wil jaag, of iets meer sinister? Kan sy haar huismaats vertrou? En dan keer die ontstellende drome oor haar tweelingsuster terug …\u003cbr\u003eOm al die spoke ter ruste te lê móét Lola die geheim van Asher se moord ontrafel - voordat iemand die waarheid oor haar eie verlede ontdek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marieta+Carrick\" class=\"contributor-link\"\u003eMarieta Carrick\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marieta Carrick","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381069594787,"sku":"9780795803314","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795803314_63a447f1-9c67-4d47-af15-d766fc81ac21.jpg?v=1776803480","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795803314","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}